![]() |
![]() |
|
Beste Produsent, 1 Aug 2010 Graag gee ons terugvoer op n paar gebeurtenisse by Simonsvlei en in die bedryf. Onlangs het Simonsvlei Direksie onderhandelings afgehandel rakende die verspreiding van ons handelsmerk in Skandinawië, in n transaksie wat op 1 Sep 2010 in werking tree. Slegs Denemarke, Noorwee, Swede en Finland word geraak en Simonsvlei het die handelsmerkregte daar van South Atlantic aan Origin Wine in Stellenbosch verkoop. Die waarde van die transaksie oor die volgende paar jaar word geskat op ongeveer R20,000,000 maar met huidige wyn inflasie kan dit moontlik aansienlik hoer wees. Dit word gedoen om groter fokus op bottel wyn te plaas en bokswyn in die uitvoer mark te beperk agv produksie uitdagings en druiwe tekorte. Op die Direksie vlak verwelkom ons vir Johan Durr, Johan se familie het jare lange verbintenisse met die Kelder en is hy dan ook n bewese entrepeneur. So neem ons dan ook afskeid van Alta De Villiers wat in 2010 wil bedank. Aan die personeel kant is Anneke Joubert bevorder tot Finansiele Bestuurder en wens ons haar alle sterkte toe met haar nuwe pligte. Ons het vir Steven Von Schlicht gevra om terug te kom Kelder toe as Internasionale Verkoopsbestuurder om die groei wat ons in die buiteland ondervind te handteer en uit te brei. Steven was vroeer 10jr werksaam by Simonsvlei en het na 3jr buite die wynbedryf ingestem om terug te keer. Ons is besonder gemaklik met Steven en voel sy toevoeging sal n groot impak op ons toekoms he. n’ Bietjie insig rondom die invloed van onwettige drankhandel: Dit blyk ook ’n groot probleem te wees – die verlies vir die regering aan belasting op spiritualieë beloop na raming R350 miljoen per jaar en op wyn is dit ’n verdere R40 miljoen. Die regering erken dat onwettige drankhandel ’n massiewe probleem is en dat dit vererger. Die bedryf meen die hoë aksynsbelasting spoor dié praktyk aan en vra vir groter regeringsbetrokkenheid by die bekamping van onwettige drankhandel. Die nuutste navorsing wys dat die bedryf R26,2 miljard of 2,2% tot die land se bruto binnelandse produk (BBP) bydra. Dit ondersteun ook om en by 275 600 werksgeleenthede. Produsente is reeds die afgelope vyf jaar nie in staat om wingerdvervanging op datum te hou nie en dit skep die teelaarde vir ’n produksieprobleem wat nie net die bedryf gaan raak nie, maar ook die bedryf se bydrae tot die BBP, werkskepping en die genot van wynliefhebbers. Produsente probeer op elke denkbare plek koste besnoei en met arbeid wat n groot komponent van die produksiekoste verteenwoordig, bly werkskepping n uitdaging. Tot ons weer gesels, Groete |
![]() |